Ah,Willa! & Friends (Vriende)

Welkom header for Ah,Willa! © copyright

Enige een met ‘n pen kan poësie skryf,
dit is ‘n speel met woorde en gedagtes …
Geen reël bepaal hoe jy dit moet rangskik nie.

Maar tog,

Dit is net ‘n dapper siel wat sy/haar
hart uitstort deur middel van die poësie.

Ah, Willa! se poësie is uit haar hart en ervarings.
Sy deel stukkies van haar inner-self met jou.

Nie in die hoop om ryk of beroemd te wees nie;
maar met die hoop dat dit ‘n gebroke siel se hart sal kan aanraak.
Hom / haar help verstaan van die hoop en
genesing wat ons het in Jesus Christus.

Tot en met 2022 het Ah,Willa!
net haar eie gedigte en gedagtes 
op hierdie webblad gedeel, 
en toe talentvolle vriende 
wat eendersdenkende is,
saam genooi en nou is ons
Ah,Willa! En Vriende!

♫~♥Ah,Willa!♥~♫

Scroll to Top